top of page
HOME

Ekerk is 'n gemeenskap van volgelinge van Jesus Christus​, wat daagliks poog om Hom meer en meer sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak vir 'n desperate en honger wêreld.

Residential Movers

Die ekerk nuusbriewe is die maklikste manier om deel te word van die ekerk gemeenskap!

Die nuusbriewe word per epos versend, en jy kan hulle ook op die web lees. Jy het net jou naam en epos adres nodig om in te skryf, en jy kan kies watter nuusbriewe jy wil ontvang of nie. Daar is 'n verskeidenheid van nuusbriewe deur 'n span medewerkers - hulle skryf oor allerlei onderwerpe, maar alles is gebasseer op die Woord.

Ons sal nooit jou epos adres verkoop, of vir ander mense gee waarvoor jy nie uitdruklik toestemming gegee het nie, en jy kan self enige tyd jou inskrywing kanselleer, as jy sou wou.

NUUSBRIEWE

Skryf in met jou epos adres:

ARTIKELS

NUUTSTE ARTIKEL

VORIGE ARTIKELS

'n Span ervare skrywers publiseer daagliks insiggewende artikels op die ekerk blog. 'n Verskeidenheid onderwerpe word aangeraak, maar alles het ten doel om jou op 'n betekenisvolle geloofsreis te begelei.

 

Loer hieronder vir die nuutste artikels, of kliek hier vir die hele versameling.

ARTIKELS
NUUSBRIEWE

PREKE & BYBELSKOLE

VROUE |  STEPHAN JOUBERT

 

Hierdie preek is opgeneem te KSM gemeente op 9 Augustus 2015. Luister lekker saam. Kliek hier as jy enige vrae of kommentaar het.

SO LEES EK DIE BYBEL Ep 3.1 | STEPHAN JOUBERT

 

Stephan Joubert gesels met ons oor die tema “So lees ek die Bybel?”. Dis 'n hele reeks van Bybelskool videos - jy kan die hele reeks hier sien.

 

Kliek hier as jy enige vrae of kommentaar het.

PREKE
Vroue - Stephan Joubert [Kerk Sonder Mure 9 Augustus 2015]
00:00 / 00:00

NOODPROJEKTE

Gewone mense van oraloor uit die ekerk gemeenskap dra hulle tyd, vaardighede en finansies by om 'n klomp inisiatiewe uit te help wat dit broodnodig het. 70% van die geld wat ook vanuit verskeie oorde by ekerk aankom, word net so oorbetaal aan 'n groep liefdadigheids- en sosiale hulp organisasies.

 

Lees meer oor ekerk se noodprojekte.

 

NAVORSING & TENDENSE

Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef.

 

Navorsing | Elke verslag bestaan uit verskeie komponente, wat alles hieronder afgelaai kan word. Die inhoud is beskikbaar om vryelik gebruik te word in bedienings en opleiding. Die materiaal word onder 'n Creative Commons lisensie gepubliseer, wat beteken dat dit nie verander of vir kommersiële gewin aangewend mag word nie.

 

Tendense | Iets wat die wêreld aan die gons het, en wat ons kan help om 'n groter impak op die koninkryk van God te kan maak. Jy kan hierdie verslae gratis aflaai, en dit gebruik net waar en hoe jy wil. Maak ook seker om aan ons nuutste opname deel te neem, of om ekerk sprekers te nooi om van ons navorsing te kom aanbied in seminaar vorm.

LEARNING COMMUNITY

Om 'n leier te wees is nie aldag maklik nie - jy moet die heeltyd op hoogte bly van wat aangaan in die wêreld, en in jou vakgebied. Ekerk se Learning Community seminare bied juis daardie geleentheid, en is geakkrediteer om VBO punte toe te ken. Daar is min plekke waar leraars tuis voel om weer by ander te leer. Kom en ontvang weer bietjie 'n slag saam met diegene wat jou passies en pyne deel en verstaan. Ons leer nie net in een rigting nie, maar oor en weer by mekaar! Die hulpbronne en kontakte by die Learning Community is van onskatbare waarde - ons het jou daar nodig. Het ons genoem ons eet ook lekker saam? 

LEARNING COMMUNITY
NAVORSING
NOOD

One of the biggest obstacles and challenges for Christians in South Africa is the relationship with culture. Must we ignore, engage or help to create culture? One of the biggest culture shaping mediums today, is Hollywood and the film industry. Tom Price is going to talk with us during this Learning Community on how to watch a movie and talk about God. Join us on 18 April 2016 for this wonderful event. 

INTERNASIONALE TOERE

Ekerk toere is 'n lewensveranderende ervaring! Meer as net 'n wegbreek van die alledaagse, is dit 'n geleentheid om te beleef en te groei op jou geestelike reis, soos nog nooit te vore nie. Jaarlikse pelgrimstoere na Israel en Turkye, asook leierskap- en opleidingstoere na die VSA en Europa, help ons om die Here meer sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak!

Ekerk is besig om finaal te beplan aan ons volgende Israel toer die eerste week in Desember 2016. Hou hierdie spasie dop sodra ons al die inligting het!

 

Of loer gerus hier vir 2015 se foto’s.

TOERE
KONTAK
bottom of page