top of page

NUUTSTE TENDENS VERSLAG

Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef.

 

Deel van hierdie inisiatief is om elke maand 'n nuwe tendens te publiseer - iets wat die wêreld aan die gons het, en wat ons kan help om 'n groter impak op die koninkryk van God te kan maak. Jy kan hierdie verslae gratis aflaai, en dit gebruik net waar en hoe jy wil. Maak ook seker om aan ons nuutste opname deel te neem, of om ekerk sprekers te nooi om van ons navorsing te kom aanbied in seminaar vorm.

VRYHEID VAN SPRAAK &

SOSIALE MEDIA


Daar is deesdae 'n magdom van opinies, uitsprake en meer waarna jy jou ore kan uitleen. Sosiale media veral, gee 'n platvorm aan 'n ieder en elk om te sê wat hulle dink oor elke saak. Is daar enige riglyne wat ons verhoudinge en kommunikasie kan stuur op sulke nuwe terreine? En wat behoort die kerk se rol hieron te wees?

Jou Brein

Ons breine is een van die mees komplekse dinge op hierdie aarde. Dit  beïnvloed hoe ons dink en doen oor alle kwessies, veral rondom ons geloof en hoe ons dink oor God en die wêreld. Hierdie tendens verslag  kyk na die nuutste bevindinge...

Oop & Bloot

Seksualiteit is vandag ‘n wye en komplekse tema wat altyd vanuit verskeie hoeke aangedurf kan word. Die doel van hierdie navorsingsverslag is nie om al die kompleksiteite en dimensies aan te spreek nie maar om ‘n gesprek te begin.

Homosentient

Wat is die verhouding tussen die mensdom en tegnologie? Hoekom moet ons bewus wees van die invloed van die nuwe Apple Watch? Of eerder, hoe begin tegnologie soos die Apple Watch ons as mense beïnvloed? 

Die Eet

Die konsep van dieting is nie nuut nie, maar meer en meer mense volg 'n spesifieke dieet. Dit het so populêr geraak dat mense die vrae begin vra het: “bant jy?“ of “atkins jy?”. Tydens hierdie tendens verslag gaan ons kyk na die verskillende tendense agter dieting...

Geloofslos

Hierdie vloedgolf van anti-geloof denke het sy weg gevind tot in ons kerkbanke vandag en dit terwyl vele predikante nog elke Sondag rustig preek soos voorheen en salig onbewus is van die skuif in hulle mense se bewussyn. 

Glo Vs Weet

Meer en meer gelowiges voel vasgevang tussen die groeiende spanning tussen kinderlike geloof en 'n wetenskaplike verstaan van hoe die wêreld werk. Hierdie verslag poog om die internasionale tendens te beskryf...

Bewustheid

Met al hoe meer dinge wat al hoe meer eise op ons tyd en aandag instel, sien ons hoe ons lewens voor ons verbyvlieg sonder dat ons voel ons het enige beheer daaroor. 'n Nuwe ontwakening van 'bewustheid'  is besig om pos te vat onder ons mense. . 

Wanhoop En Wantroue In Sub-Sahara Afrika.

Terwyl wanhoop en wantroue toeneem, is die groei van die Christendom ook aan die styg. Lees oor die redes, die spanninge en die taak wat vir die kerk voorlê. 

Kleiner Is Groter - Die Ontnugtering Van Massa.

Orals sien ons hoe maatskappye en organisasies desentraliseer om weer by mense op 'n persoonlike vlak uit te kom. Moet die kerk hieraan aandag gee? Is die kerk persoonlik genoeg?

Sensus 2011 - 'n gids vir geestelike leiers.

Hierdie verslag sal jou op ‘n drafstap deur van die belangrikste statistieke vergesel, naamlik huishoudelike, tegnologiese, opleiding en demografiese toepassings vir die kerk.

Produkte, verbruikers
& verdruktes.

​Sekerlik die grootste verskynsel van ons tyd is die "nuwe". Hetsy die nuwe foon, die nuwe kar, die nuwe huis of die nuwe fliek, die idee van 'n vinniger, mooier, varser produk het die hele wêreld op hol.

Tegnologie 2014 - die volgende 15 jaar.

Ons leef in ’n wêreld waar tegnologie so drasties verander en verbeter, dat ons amper weekliks nuwe verwikkelinge en vooruitgang sien op elke denkbare terrein. Hierdie verslag waag 'n paar voorspellings.

Die Era Van Die Getogenaar.

Regoor die wêreld is proteste en betogings aan die orde van die dag. Wat is die redes hiervoor, en hoe kan die kerk hierdie aktiviste belyn vir die koninkryk ?

Self Fone - 'n reuse digitale rewolusie.

Selfoon en internet tegnologie het die wêreld op loop geneem soos nog nooit tevore nie. Ons ondersoek die gevolge daarvan op die mensdom, sowel as die direkte impliksies vir die plaaslike kerk.

Werksmaniere - hoe ons werk verander.

Ons almal behoort kennis te neem van nuwe tendense rondom werk. Dit geld ook vir plaaslike kerke! Jy word genooi om saam te kom nadink oor nuwe maniere van werk.

Gelukbringers - wat maak ons gelukkig?

Baie van die mites wat ons glo oor geluk is in ons gedagtes gevestig deur die modernistiese bewegings van ‘mind over matter’ en ‘positive thinking’. Navorsing bewys dat hierdie benaderings geen invloed het nie.

Superhelde.

 

Hierdie verslag kyk in diepte na die nuutgevonde populariteit van superhelde in ons moderne media en kultuur. Dit ondersoek ook die geestelike implikasies daarvan en stel praktiese toepassings voor vir gemeentes.

Kerk Ver 2.0 - Informele Geloofsgroepe.

'n Nuwe generasie verstaan die konsep van "kerk" en "geloofsgemeenskap" anders. Hoe moet ons dink hieroor? Wat moet ons benadering wees teenoor hierdie alternatiewe groepe?

Afrikinders - kuns, kultuur en die res.

Afrikaans het sowaar 'n omwenteling ondergaan die afgelope 10 jaar. Jongmense, en oueres, gebruik, waardeer en sien ons taal heeltemal anders. Kan die kerk hierby baat?

Vrouerskap - nuwe verstaan van leierskap.

Meer vroue staan hulle leierskapsrolle vol. Hierdie verslag kyk na die tendense, asook hoe ons ons eie leierskapstyle kan aanpas vir 'n veranderende wêreld.

Selfie - hoe tegnologie ons onsself nuut laat sien.

​Die woord 'selfie' is aangewys as die 2013 woord van die jaar, en het te doen met 'n hele nuwe neiging om 'n foto van jouself op die internet te publiseer. Hierdie verslag ondersoek die tendens in diepte.

Gesondologie.

 

Ons kyk na die mees onlangse vorderings in tegnologie, veral daar waar dit inspeel op ons gesondheid en fisiese welstand. Watter rol speel tegnologie in ons gesondheid en medisinale behandelinge?

bottom of page