top of page

EKERK TV

ELKE SONDAG @ 11:30

DSTV KANAAL 343

Ekerk TV is gans anders as enigiets wat jy voorheen op tv gesien het.

 

Ons gaan met jou oor die belangrikste dinge in die lewe gesels, sonder om te abstrak, te stroperig of enigsins onrelevant te raak. Ons gaan vir jou die wêreld wys net soos wat dit is, maar ons gaan ook met jou gesels oor hoe dit besig is om te verander.

 

Hierdie is 'n geestelike program, wat beteken dat jy hier dinge gaan hoor wat jy nie gewoonlik by die werk, huis, tussen vriende of selfs by die kerk hoor nie. Hierdie is egter ook 'n Christelike program, wat beteken dat al ons gesprekke, ons vrae en ons antwoorde gebasseer sal word op Jesus - wie Hy was, wat Hy gedoen het in die wêreld, en wat die Bybel ons oor Hom leer.

 

Dit is ons droom om saam met jou deur ons alledaagse lewenswêreld te reis, en deur die lens van die Skrif te kyk na elke aspek van ons samelewing. Daar is orals fluisteringe en vingerafdrukke van God in ons wêreld te bespeur. Saam met jou wil ons fyn kyk en nog fyner luister, sodat ons nie die Here verpas, daar waar Hy ons eintlik die graagste wil ontmoet nie.

 

As deel van die program sien ons uit om die nuutste ekerk navorsing en tendense met jou te deel, ons gaan met kenners op elke gebied van die lewe gesels, en ons kan nie wag dat Stephan Joubert ons na afloop van elke episode bemoedig met 'n geestelike gedagte nie.

 

Ek wil jou nooi, vorm deel van die gesprek hier op ekerk TV, en word saam met ons geestelike speurders in die wêreld, wat die vermoë het om die bonatuurlike in die normale raak te sien, wat God om elke hoek en draai erken, en wat ons unieke belewenisse in liefde met ander deel.

 

Welkom, en lekker kyk!

bottom of page