top of page

NUUTSTE NAVORSING VERSLAG

Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef.

 

Deel van hierdie inisiatief is om elke maand 'n nuwe tendens te publiseer - iets wat die wêreld aan die gons het, en wat ons kan help om 'n groter impak op die koninkryk van God te kan maak. Jy kan hierdie verslae gratis aflaai, en dit gebruik net waar en hoe jy wil. Maak ook seker om aan ons nuutste opname deel te neem, of om ekerk sprekers te nooi om van ons navorsing te kom aanbied in seminaar vorm.

 

Elke verslag bestaan uit verskeie komponente, wat alles hieronder afgelaai kan word. Die inhoud is beskikbaar om vryelik gebruik te word in bedienings en opleiding. Die materiaal word onder 'n Creative Commons lisensie gepubliseer, wat beteken dat dit nie verander of vir kommersiële gewin aangewend mag word nie.

 

As jy enige vrae of voorstelle het oor hierdie navorsing projek, kontak ons gerus hier.

BYBELVERBRUIK / BIBLEBASHING

Die Bybelverbruik navorsing verslag is nou beskikbaar om gratis afgelaai te word!

 

Die verslag bestudeer gelowiges se Bybellees gewoontes in diepte, en gee 'n ingeligte opinie oor die leemtes in ons gebruik van die Bybel, asook moontlike toepassings vir geestelike leiers en plaaslike gemeentes. Die verslag bevat 'n deeglike ontleding van gelowiges se Bybel lees gewoontes, en is in 'n gebruikersvriendelike manier saamgestel.

GEBEDSVERSOEK / PRAYER REQUEST

Ons het 'n in-diepte navorsing verslag saamgestel wat gelowiges se gebedslewens bestudeer. die verslag is meningsopname gebasseerd, en vra alle vrae rondm die hoe, hoekom, wanneer en waar van gebed.

 

Interessante afleidings kan van die data gemaak word, en sal veral relevant wees vir geestelike leiers, asook vir gewone gelowiges wat 'n vars uitkyk op gebed verlang. Die verslag sluit 'n inhoudelike en 'n metodologiese komponent in, sowel as die oorspronklike meningsopname, en al die infografika.

KERKELARY

Een van die mees algemene vrae onder gelowiges vandag is, "Wat is kerk?". Ons het ook gevra hoe gereeld woon hulle kerkdienste by. 86% woon weekliks kerk by, 9% woon elke tweede week ’n kerkdiens by. 2,5% van die respondente woon maanliks of minder as maandeliks ’n kerkdiens by. Hierdie data wys dus vir ons dat ons werk met ’n klomp jong mense, primêre tussen 15-20 jaar oud uit die Noorde van Suid - Afrika wat primêr in die NG Kerk is en wat elke week ’n kerkdiens bywoon. 

WEGGEE

Ten einde te bepaal watter persentasie en bedrag gelowiges graag gee, het ons eers gevra hoeveel hulle verdien. Die grootste groep respondente het die R40,000 per maand en meer kategorie gekies, terwyl die tweede meeste groep die R10,000 - R20,000 per maadn kategorie gekies het. Dit is ons aanname dat die twee inkremente van inkomste respektiewelik 'n prinsipale en sekondêre broodwinner verteenwoordig. 

bottom of page