top of page

Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston

Christian Art

2016

Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele wêreld oorweldig. Mense sit met ‘n

digitale produk in hulle hande en konsentreer op wat daar gebeur. Ons kommunikeer via epos en SMS asook WhatsApp. En ons vingers navigeer ‘n sleutelbord so klein dat ouer mense ‘n leesbril moet opsit om dit te kan raaksien.

Ons dag sien ook nuwe en opwindende navorsing oor die brein wat gereeld nuwe insigte na vore bring. Dit moes net ‘n kwessie van tyd wees voor navorsing oor die invloed van die digitale rewolusie op die mens se brein gedoen en gepubliseer word.

En hier het jy van die belangrikste resultate van dié ondersoek. Vrae wat hier gestel word en aan die hand na navorsing beantwoord word, is: is daar ‘n verskil tussen ‘n uur se blootstelling aan videospeletjies en ‘n halwe lyn kokaïene? Nee, die brein beleef albei op presies dieselfde wyse. Ons verslaafdheid aan die digitale media lê op dieselfde vlak as verslawing aan dwelmmiddels. Die effek daarvan op die brein, psige en liggaam is dieselfde.

Pornografie wat digitaal beskikbaar is vir enigeen met toegang tot ‘n digitale instrument, insluitende minderjariges, skep veral groot probleme. Die invloed op die brein en sy ontwikkeling is groot.

En kinders wat toegang tot internet het, word al meer slagoffers van boelies wat elektronies die kind se lewe kan inneem en oorneem.

Om te dink dat digitale media opvoedkunde ondersteun, soos wat onderwysdepartemente oor ‘n wye basis voorveronderstel, word gewoon nie deur navorsing ondersteun nie. Trouens, die probleem dat kinders ‘n gebrek aan aandag ontwikkel, word eerder daaraan toegeskryf.

Die digitale media het reeds groot skade aan kinders se breins aangerig. Ouers wat elektroniese hulpmiddels gebruik om hulle kinders groot te maak, moet besef wat die gevolg en prys daarvan gaan wees.

Daarom sluit die boek met die positiewe gedagte dat ons steeds iets kan doen om die negatiewe invloed van digitale media om te swaai. Jy kan steeds bydra om die brein gesond te maak en ‘n geestelike en morele krisis af te weer.

Christian Art doen Suid-Afrikaners ‘n groot guns om diá navorsing beskikbaar te stel. Christengelowige, jy mag dit nie ignoreer nie, ter wille van jou kinders en jouself!

bottom of page