top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Kleurvolle inspirasie vir grootmense [resensie]

  • deur Marius Nel
  • Apr 19, 2016
  • 1 min read

Inkleurboek

Illustrasies deur Amylee Weeks

CUM

2015

Inkleurboeke vir grootmense het die mark oorgeneem soos ‘n orkaan. Skielik is dit wat mense besig hou en help om spanning en stres te verlig. En Christene het die voordeel dat hulle dié kunsvorm kan gebruik om hulle verhouding met die Here te dien. Trouens, ek meen dat inkleurboeke die potensiaal het om ‘n nuwe spiritualiteit te skep, van stilword en nadenke, bepeinsing en luisterende gebed.

Hier is ‘n uitstekende voorbeeld daarvan. Pragtige illustrasies van Amylee Weeks rondom gebede (Vader, ek lê my bekommernisse by u voete neer. Lei my elke dag. Amen) en teksverse (Gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou. Jeremia 17:7) bied volop geleentheid om tyd met die Woord deur te bring, wat die potensiaal het om tyd in die teenwoordigheid van die Woord, Jesus Christus, te bring.

Die boek is in ringbind-formaat, wat dit uiters gemaklik maak om te hanteer. Dit is ook net op een kant gedruk. Indien jy verkies, kan jy die ingekleurde prent verwyder en raam. Dit skeur maklik uit omdat dit geperforeerde bladsye het. En daar is ook die bonus van geskenk-etikette, kaartjies en boekmerke wat jy kan inkleur en uitsny, en met ander kan deel. Die trefwydte van die inkleurboek vergroot hierdeur sodat jy jou kreatiwiteit kan gebruik om ander te seën.

Dis ‘n ideale geskenkboek vir iemand vir wie jy baie omgee. En as daardie iemand jouself is, is dit ‘n uitstekende belegging. Want die inkleurboek skep baie ure se inkleurgenot.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 
Hy beplan vir jou die goeie

Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page