top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Swaarkry wat lig maak

In haar klassieke verhaal, Hinds feet on high places, vertel Hannah Hurnard die storie van Much Afraid. ’n Vrou met voete wat swaar loop, en ’n begeerte het om soos ’n ribbok op die hoë plekke te gaan leef. Sy ontmoet die herder, wat beloof om haar na die hoë plekke te neem, hoog bo die Vallei van Vernedering waar sy tans woon. Sy moet egter eers instem om die reis saam met hom aan te pak. Sy het goed daaroor gedink, en toe sy aanbod aanvaar. Die herder het egter nog ’n voorwaarde: Dat sy ook die twee kamerade wat hy vir haar uitkies om die reis saam met haar aan te pak, sal aanvaar. Hierdie twee kamerade sou haar help om tot by die hoë plekke te kom, het die herder gesê. Much Afraid se verbasing was egter groot toe hy die twee aan haar voorstel. Sy het gehoop dat Geloof of Liefde, of selfs Vrede en Vreugde haar reismaats sou wees. Maar die herder weet meer van die reis na hoë plekke as enigiemand anders. Daarom het hy vir haar twee onwaarskynlike reismaats gekies: Suffering en Sorrow. Ja, hartseer en lyding. Much Afraid het tot by die hoë plekke gevorder. En mettertyd het haar voete soos ’n ratse ribbok s’n geword. Eers daar bo het sy besef wat ’n groot rol hartseer en lyding gespeel het om haar op die hoë plekke te kry. Natuurlik is hartseer en lyding nie maklik nie. Maar in God se menigvuldige wysheid gebruik Hy juis ons swaarkry om ons lig te maak. Ja, swaarkry kweek dikwels in ons eienskappe wat op geen ander manier so sterk en deeglik en diep gevestig sou word nie. Dit bring ons uiteindelik op plekke waar die vreugde en vrede, geloof en liefde sterker en groter is as wat ons ooit sou kon dink. Francine van Niekerk is redakteur van LiG

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page