Verniet, maar duur!
- deur Stephan Joubert
- Mar 31, 2016
- 1 min read
Ons kan niks by God verdien nie. Ons het niks om vir Hom aan te bied in ruil daarvoor dat Hy vir ons moet goed wees nie. Die Here bewys genade verniet aan ons. God deel sy goedheid en vergifnis gratis met elke genadebedelaar wat in Jesus se Naam aan sy hemelse deur klop, maar hierdie genade het Jesus sy lewe gekos. Genade is verniet, maar dit is definitief nie goedkoop nie. God mors daarom nie met sy duur genade, soos wat onsself dikwels daarmee maak nie. Genade is nie ’n vinnige “get out of jail free” kaartjie wat impliseer ons kan maar leef soos wat ons wil nie. Genade is ook nie ’n lisensie om sonde te doen nie. As ons so oor genade dink, verstaan ons nog nie dat genade vir Christus letterlik alles gekos het nie. Genade is om God op sy allerbeste te beleef. Om dit te begryp, is om lewenslank diep dankbaar te leef. Dit is om oorweldig te wees deur sy hemelse goedheid. Dan wil ons lewenslank vir die Here dankie sê met al my woorde en dade nie. Ek as begenadigde se lewe moet ook ’n sigbare bewys wees van God se nimmereindigende goedheid.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...