Jesus loop Homself dood
- deur Stephan Joubert
- Mar 17, 2016
- 1 min read
Wanneer ek die Markusevangelie lees val dit my op hoe baie Jesus aan die beweeg is. Hy is gedurig op die pad en vinnig aan’t rondbeweeg. In Markus 15 loop Jesus Homself dood- letterlik! Ons lees hier hoe Hy aan ’n houtkruis vasgekap word net buitekant Jerusalem. Terwyl almal Hom verlaat, roep Jesus daar sy bekende woorde van Psalm 22 uit: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Markus 15:34). Hoop-verlore, of dalk nie! Want daar in Jesus se sterwensoomblikke roep Hy juis na God, daardie einste God wat die psalmskrywer van Psalm 22 te hulp gekom het, soos wat die res van hierdie psalm getuig. Jesus se sterwe is geen noodlot-grap nie. Vanaf Markus 8 het Jesus drie keer gesê dat Hy, die Seun van die mens, oppad is na Jerusalem om doodgemaak te word. Sy pad is ’n doodloopstraat. Dit eindig aan ’n houtkruis. Nee wag, dit eindig anderkant die leë graf. Want daardie einste lydende Seun van die mens word ook deur God opgewek uit die dood. Sy doodloopstraat lei ’n nuwe leefstraat in vir Homself en elkeen wat in Hom as die Seun van God glo. Slegs in Jesus is hierdie nuwe lewe moontlik.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...