top of page

Wanneer die son ophou skyn

Een oomblik nog is jou lewe rustig en dan, die volgende oomblik, is alles skielik in chaos gedompel. Iemand loop voor jou motor in op die snelweg en jy sit met eindelose probleme. Of jou huis word leeg gesteel en die assuransie vertel jou jy was nie behoorlik verseker nie. Of jou kinders vang een of ander onbesonne ding aan wat jou lewe onderstebo keer. Noem dit op, en sulke krisisse het een van ons se naam en adres. Krisisse is sleg. Die meeste van ons kan krisisse nie goed hanteer nie - anders sou ons dit in elk geval nie krisisse genoem het nie! In sulke tye moet ons ons toevlug tot die Here neem. Hy is onwankelbaar sterk, ook as stormwolke rondom ons saamgepak het. Dan is Hy steeds wie Hy is - die God van eindelose genade en omgee. Hy is nie doof of blind in sulke tye nie. Maar die Here is gelukkig nie net ’n hemelse Krisisbestuurder nie. Hy is altyd naby aan ons. God is by ons ten spyte van ons omstandighede! Hy is naby aan ons omdat Jesus beloof het Hy stap al die pad saam met ons tot by die wenpaal.

bottom of page