God is altyd tuis
- deur Stephan Joubert
- Feb 29, 2016
- 1 min read
“God is altyd tuis. Dis ons wat weggeloop het.” So skryf Meister Eckhart (1260-1328 nC). Tragies genoeg, blameer weglopers dikwels vir God. Dit is sy skuld dat hulle lewens nie uitwerk soos dit moet nie. Dis sy skuld dat Hy hulle nie deur hulle finansiële krisis gehelp het nie. Of dat Hy nie hulle gebede verhoor het presies soos wat hulle gespesifiseer het nie. Of omdat daar soveel onreg in die wêreld is. Maar hulle sê hierdie dinge met hulle rug gedraai na God se kant. Nogtans is Hy steeds tuis as die liefdevolle en ontfermende God. Hy het nie getrek nie. God het nie verander van adres net omdat mense wat vir Hom kwaad is besluit het dit is die geval nie. God is wie Hy is. Hy is propvol genade. Maar dan moet mense Hom in die oë kyk. Hy hou in elk geval eindeloos meer van mense se gesig as hulle rug.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...