top of page

Doen goed; dit is God se wil

Stephen Post is ’n akademikus in die VSA wat bekend is vir sy navorsing oor geluk. Hy vertel dat wanneer hy as kind ’n slegte dag gehad het, sy ma dikwels vir hom gesê het: “Why don’t you go out and do something for someone else?” Dan het hy die bure se blare gaan hark, of hulle gaan help met huishoudelike take. Post vertel dat hy elke keer gelukkiger was as hy dan huistoe gegaan het. Jare later het sy navorsing hom geleer dat ons deur God geskep is om goed te doen. Dade van naasteliefde lei tot groter emosionele stabiliteit; beter lewenskwaliteit; groter emosionele geluk; ’n langer lewensverwagting en sommer ook tot laer bloeddruk. Uit God se perspektief is die doen van goeie dade ’n vreugdevolle opdrag wat tydelike en ewige diwidende oplewer. Om in Jesus se Naam goed te doen is veronderstel om ’n doodnormale deel van ons geestelike lewe te wees. Dit moet outomaties gebeur. Trouens, in 1 Petrus 2:15 word gesê dit is God se wil om goed te doen. Nee, dis nie opsioneel nie. Goeddoen hoort by die ABC van ons geloof. Gaan doen dit en vervul so die wil van God.

bottom of page