top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Simpatie of empatie

“We must learn to regard people less in the light of what they do or omit to do, and more in the light of what they suffer.”

In my Engelse verklarende woordeboek sien ek simpatie is: “feelings of pity and sorrow for someone else’s misfortune” – m.a.w. ek reageer op ‘n veilige afstand op ander se pyn. Daarteenoor is empatie: ”the understanding and sharing the feelings of another” – m.a.w. ‘n inklim in die ander persoon se skoene.

Ek het die afgelope paar weke gesien hoe empatie lyk toe een van my sussies by ons terminaal-siek sussie in haar hospitaalbed klim om haar bietjie te koester en vertroos.

‘n Vriendin van my, weer, het gevoel dat sy moes uitreik na ‘n egpaar wat hulle laerskoolkind in ‘n straatongeluk verloor het. Toe sy by die voorhekkie kom, staan die man en tuin natspuit. Sy vertel dat sy nie woorde gehad het nie, maar net haar arms om die wildvreemde man kon sit en saam met hom huil. Dis nogal wat Paulus ons leer – om te huil saam met die wat huil, in iemand anders se hartseer te deel (Romeine 12:15)

Ek vind dat God soms swaarkry in my lewe toelaat dat ek begrip kan hê vir ander wat swaarkry en kan weet hoe om te help. (2 Korintiërs 1:4)

‘n Finansiële krisis van jare gelede het gemaak dat ek verstaan het hoe dit voel om nie skoolskoene vir my kind te koop nie omdat kos ‘n hoër prioriteit is (dankie tog vir SA laerskole waar kinders kaalvoet kan skool toe gaan!) en daarom kon ek vir ‘n vriendin in ‘n soortgelyke situasie ‘n klompie kruideniersware gaan aflaai – mét ‘n pak hondekos. ‘n Ander vriendin weer, het besef dat ons swaar kry en op haar beurt ons bederf met ‘n halwe lam wat ek by die slaghuis kon gaan oplaai.

Omdat ek op ‘n stadium my sterwende ma en later my skoonma tuis moes versorg, kon ek sinvol voorbidding doen vir ‘n vriendin wat in dieselfde situasie beland het. As ‘n mens self deur so iets gegaan het, begryp jy ook dat iemand in so ‘n krisis nie eens die emosionele energie het om kos te maak nie. Vandaar die mooi gewoonte om ‘n gereg of selfs ‘n maaltyd te gaan aflaai by iemand wat siekte in die familie het, of selfs dood in die familie gehad het.

En so is ek in elk geval besig om tydig en ontydig (of dit vir my gerieflik is of nie) my lewe en my pad met die Here met ander se lewens te verweef. So deel ek die liefde en deernis van ons Here met ander, so maak ek sy liefde vir hulle ‘n realiteit. Soos wat ek dit aan een van die minste (of dierbaarste) van my naaste doen, doen ek dit eintlik aan Jesus. Wat ‘n voorreg!

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page