top of page

Geestelike leier

Geestelike leiers wat oortuig is dat Christus elke oomblik deur Sy Gees aanwesig is in hierdie wêreld, laat God se koninkryk op ‘n ander manier kom.

Hierdie manier strek wyer en dieper as;

die redding van individue,

uitdra van ‘n Westerse waardestelsel aan agtergeblewe mense,

uitbreiding van ‘n denominasie,

die transformasie van die wêreld deur oordeel en vernietiging na die koninkryk van God.

Hierdie ander manier vloei uit die wese van God en word bespeur in die inkarnasie van die lydende en gekruisigde Christus en het alles te doen met Kenosis (Fil 2:7, self ontlediging).

Die Kenosis manier druis lynreg teenoor geestelike leiers se selfgesentreerdheid in. Die kultuur van self verwesenliking maak dit ook nie juis makliker om die koninkryk deur middel van kenosis te laat kom nie.

Die uitnodiging lê daarin om meer en meer ter wille van ander jou valse self af te lê. Vir leiers kan dit prakties beteken om dit (bv. Maskers, aannames ens.) wat skeiding en afstand tussen hulle en hulle mense bring, te oorbrug.

Fil 1:27-2:18

(2:7) – maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.

Christus het immers nie van ons verwag om soos Hy te word voordat hy nie eers soos ons geword het nie. Selfontlediging ter wille van die skep van ‘n gemeenskap met die na wie die Here ons stuur is die pad waarop die gemeente sal moet loop in navolging van Christus sodat die potensiaal kan ontstaan dat die nuwe gemeenskap kan gebeur.

bottom of page