Jesus is nie middelklas nie
- deur Stephan Joubert
- Feb 25, 2016
- 1 min read
Toe ek ’n grênd kar voor my sien ry met ‘n nommerplaat “God’s gift,” toe dink ek by myself dit is goor. Ek onthou toe van ’n ander ewe duur motor wat ek onlangs gesien het met die nommerplaat “blessed.” Hoe moet arm Christene aan die anderkant van die straat hieroor voel vir wie “blessed” gelyk is aan een ordentlike bord kos per week. Of vir wie “geseënd” beteken om ’n stel tweedehandse skoene te ontdek wat in die asblik van een of ander “have got” beland het. Toe dink ek dat ekself ook ’n slagoffer is hiervan - van middelklas moraliteit, bedoel ek. Ek moet erken ek het al dikwels aan Jesus gedink in terme van ’n tipe “middelklas Messias” wat my net moet seën met voorspoed en sukses. Toe het ek besef ek verwar seëninge eintlik net met “stuff,” wat vergaan. Gelukkig is Jesus is genadig. Hy nooi jou en my juis vandag weer uit om saam met Hom die straat oor te steek, en om mense wat deur die lewe vergeet is te gaan seën. Dan gebruik ons nie al sy seëninge selfsugtig op nie, dan laat ons ander hierin deel.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...
Comments