top of page

Daar’s ’n duur prys op ons kop

Almal van ons het ‘n prys op ons kop. Gaan neem maar net versekering op jou lewe uit, of op jou eiendom, dan hoor jy gou watter premie versekeringsmaatskappye op jou kop plaas. Hulle besluit gou-gou wat is jy werd in geldterme. Het jy geweet God heg ook ’n prys en ’n waarde aan jou. Hierdie waarde word nooit deur Christus in geldelike terme bereken nie. Hy reken jou waarde so hoog dat Hy bereid was om sy eie lewe op te offer om jou vir altyd in sy teenwoordigheid te mag hê. In 1 Petrus 1:18-19 hoor ons dat ons nie met verganklike middele soos goud of silwer losgekoop is nie, maar met die kosbare bloed van Christus. Hy was bereid om al God se verlore aardse eiendom op sy eie skouers te tel. Jou waarde voor God is gelykstaande aan Christus se eie lewe. By Golgota het Hy met jou plekke omgeruil. Hy het sy vryheid vir jou gegee in ruil vir jou sondes en gemors. Jy het ewige waarde vir Hom. Dink net wat sal gebeur as jy ook ander mense se waarde so hoog begin ag soos wat Jesus jou ag. Dan sal jy hulle met respek behandel.

bottom of page