2016: die jaar van ons Heer
- deur Stephan Joubert
- Jan 7, 2016
- 1 min read
2016 nC is hier! Oftewel, 2016 na Christus. Ons skryf graag die woorde “voor Christus” en “na Christus” na ons jaargetalle. In Latyn word daar gepraat van “AD” of “Anno Domini”, die jaar van ons Heer. Mooi, né! Jesus bepaal ons jaartellings. Hy bepaal ons manier van tydlees. Sy geboorte het nie net ons lewens nie, maar ook verstaan van die tyd ingrypend aangeraak. Sy koms is die groot draaipunt in die geskiedenis. Alles is nou anders. AD tyd het aangebreek. Hierdie andersheid word ook bepaal deur ons navolging van Christus. As ons Hom ons Here noem, dan is ons eie stukkie leeftyd hier op aarde ook AD–tyd. Dan leef ons elke dag van die jaar binne die nuwe tyd en die nuwe era wat ons Heer ingelei het. Dan is tyd nie meer maar net ’n neutrale klomp sekondes, minute en ure wat dag vir dag by ons verbysnel nie. Dan leef ons binne al hierdie tydsgrepe genaamd sekondes, minute, ure, dae, weke en jare met ons oog gefokus op die Here. Dan is 2016 nie net nog ’n nuwejaar wat aangebreek het nie; nee, dan is dit die jaar van ons Heer!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...
Comments