top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Moenie afkyk nie

Hoogmoed laat jou altyd afkyk op ander mense, want dit maak jou groter as hulle. Solank as wat jy afkyk op mense kan jy nooit opkyk nie. So skryf C. S. Lewis oor die gevaar van hoogmoed in sy bekende boek “Mere Christianity.” Hoogmoed verander jou ingesteldheid teenoor mense. Dit verander jou manier van praat met hulle en oor hulle. Dit maak dat jy vanuit die staanspoor bevooroordeeld is as jy met daardie einste mense te doen het op wie jy so maklik afkyk. Hulle velkleur, hulle sosiale posisie, hulle manier van glo — sulke dinge maak dat jy hulle as minderwaardig, dom of oningelig beskou. En dat jy hulle nooit ernstig opvat, of ’n flenter vir hulle omgee nie. Daarom dat God hoogmoed so haat. Hy kan dit nie uitstaan nie. Keer op keer in die Bybel is die Here woedend wanneer Hy met hoogmoedige heersers en selfvoldane mense te doene het. Hy sê Hy gaan hoogmoediges van hulle trone afstamp. Hy gaan afreken met arrogante mense wat op almal rondom hulle trap. Moenie afkyk op mense nie. Dit pas nie by kinders van God nie. Nederigheid is wat die Here van ons vra. Ons kyk op na Hom en na ander.

 

Comments


KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page