Die waarheid is ’n Leeu!
- deur Stephan Joubert
- Jan 14, 2016
- 1 min read
Die bekende kerkleier Augustinus (354–430 nC) skryf dat die waarheid soos ’n leeu is. Jy het nie nodig om dit te verdedig nie. Stel dit vry en die waarheid sal al die verdedigingwerk self doen. Dit laat my wonder of ons nie te hard probeer om God te verdedig nie. Ons dink partykeer ons is sy aardse advokate en sy verklaarders. Soms is ons boonop sy arrestasie beamptes ook. Voordat jy my verkeerd verstaan, natuurlik mag en moet ons oor die waarheid praat en preek — God se waarheid, bedoel ek. Ons moet dit liefhê, oppas en uitdra. Maar die voortbestaan van die waarheid is nie van onsself afhanklik nie. Christus Self hou sy kerk in stand. Hy is die Leeu van Juda. Hy is die Here. Niks of niemand stuit sy opmars deur die wêreld nie — nie leuens nie, nie onwaarheid nie en nie die poorte van die doderyk nie (Matteus 16:18). Ons moet net elke dag en op elke plek waar ons kom gelowig saam met Petrus bely Hy is die Christus, die Seun van die lewende God (Matteus 16:16). Dan kan ons uit sy pad staan en sien ons hoe Hy die wêreld verander. Dan kan ons sien en ervaar hoe genade en waarheid in aksie lyk.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...
Comments