top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Die tyd loop soos stroop

Ek vermoed een van die mees gebruikte uitdrukkings gedurende hierdie tyd van die jaar is die een dat die tyd loop. Hier teen die laaste week van die jaar is almal deegik bewus van die spoed van tyd. Die jaar se uurglas is amper leeg. Dit voel soos gister toe die nuwejaar aangebreek het en nou is 2015 alweer in die oujaar-seisoen. Praat van vinnig! Laasjaar hierdie tyd was dit nog September en nou is dit al Desember! In elk geval, een van die grootste uitdagings is om saam met die tyd te loop. Bedoelende, om nie uit pas te raak met die tyd nie. Soos die stam van Issaskar daar in 1 Kronieke 12:32 moet ons goeie tydlesers wees. Ons moet weet wat om te doen en wanneer om dit ook te doen. Ons moet die tyd uitkoop, soos wat Paulus skryf in Efesiërs 5:16. Dit vra om Spreuke se soort wysheid om nie saam met elke nuwe stroom meegesleur te word nie. Dit vra ook om dapperheid om nie deur vrees vir die onbekende oorspoel te word nie. Die beste wysheid is om te weet God hou ons styf vas. Ons is nie slagoffers van die tyd nie, maar geliefdes van die Here.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

​

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

​

Regnr:  2004/011580/08​

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page