top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Jesus is nie Kersvader nie

As ek party prentjies van Jesus sien wat soms op Facebook en ander sosiale media rondswerf, dan gaan staan my hart. Om nie eens van sommige Kinder–Bybels te praat nie. Jesus lyk in sulke uitbeeldings soos enigiets vanaf ’n romantiese figuur tot of een of ander superheld. Feit is, die Jesus van die Bybel was anders. Vat maar sy nederige koms aarde toe: ’n Voerbak vir diere was sy eerste aardse bed. Jesus se heel eerste besoekers, die skaapwagters, was ook nie romantiese, Kerskaartjie–figure met netjies geskeerde baarde en skoon klere nie. Hulle het na hulle skape geruik! Herders in daardie tyd was randfigure in die samelewing met goor reputasies. Tog daag hulle volgens Lukas 2 op as die eregaste van die hemel daar by Jesus wat in ’n voerbak lê. Jesus het doelbewus ’n nederige roete gekies toe Hy aan ons kant van die draad kom leef het. Hy wil nie ’n kersfeesvader wees wat mooi persentjies uitdeel en dan weer verdwyn nie. Jesus is die Een wat ons kom dien met sy lewe. Hy is die Here van die krip en die kruis. Ontdek Jesus opnuut hierdie Kersfees en vier saam met Hom fees.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page