top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

2015 se Manifesto is weer op die tafel

  • deur Stephan Joubert
  • Dec 21, 2015
  • 2 min read

2015 se son trek water. Die uurglas is aan’t leegloop. Wat ’n vreemde jaar was dit nie. Verrassing op verrassing het in 2015 op die wêreld gewag. Parys is twee keer aangeval. Isis het die wêreld onkant betrap. Studente in Suid Afrika het so woes betoog dat verhogings van klasgelde gestop is. Die president is net verlede week nog gedwing deur die reaksie van gewone mense om ’n nuwe minister van finansies aan te stel... O ja, en toe gaan staan en verloor die Springbokke teen Japan en klop amper vir die All Blacks. ’n Kop–onderstebo jaar. En dan het ons nog nie eens oor ons eie lewenspad gesels nie. Ons kan vir ure praat oor wat alles rondom ons en met ons in 2015 gebeur het, maar wat van ’n beter vraag of twee: WATTER GOEIE DINGE HET EKSELF LAAT GEBEUR IN 2015? WAAR HET EK IMPAK GEMAAK VIR CHRISTUS? WAAR WAS EK DIE VERSKIL VAN EEN? WAAR HET EK VREDE GEMAAK EN HOOP GEBRING? Toe ek aan hierdie vrae dink, onthou ek opnuut van ’n manifesto wat ek aan die begin van 2015 neergepen het. Toe dink ek dat die jaar nog nie oor en verby is nie. Daar is nog ’n paar dae oor om op die Here se roete van hoop te loop. Hier’s die manifesto weer. Wil jy dit nie ook jou leefreëls vir die res van 2015 maak nie:

  • Om Christus met alles in my na te volg.

  • Om goed te doen in Jesus se Naam sonder om ooit iets terug te verwag.

  • Om ander geestelik ryk te maak, al voel ekself soms baie arm.

  • Om vrygewig te leef.

  • Om ’n voltydse leerder te wees wat lees, luister en oplet.

  • Om te doen wat ek moet, sonder om alles vir almal te probeer wees.

  • Om vrede te maak met die feit dat ek sommige mense sal teleurstel, en nie sal opleef aan almal se verwagtings nie.

  • Om mense altyd met respek en deernis te behandel.

  • Om te sorg dat die woorde “askies” en “mooi so” ’n deel van my normale woordeskat uitmaak.

  • Om vergeetagtig te wees wat my eie behoeftes en belange betref.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page