Kersfees-genade
- deur Stephan Joubert
- Dec 17, 2015
- 1 min read
Genade gebeur as God ingryp terwyl onsself iewers in die donker probeer wegkruip. Genade gebeur wanneer die Goeie Herder ons spoor vat en agter ons aanloop totdat Hy ons inhaal, ook hier in Kersfeestyd. Genade is wanneer Hy ons boonop dan op sy skouers tel en ons terugdra na die Vader se huis toe. Nee, dan dryf Jesus ons nie met ’n rottang terug en raas al die pad met ons omdat ons so stout was om te verdwaal nie. Alles en behalwe. Genade vertel dat God ons liefhet ten spyte van wie en wat ons is. Dit sê dat Hy bereid is om oor en van vooraf met ons te begin, maak nie saak hoeveel keer ons al verdwaal het in ons eie gemors en sondes nie. God is altyd eindeloos meer genadig met ons as wat ons met onsself of met ander mense is. Hy is die Vader van alle genade wat ons met oop arms verwelkom terwyl ons verleë vir Hom askies probeer sê oor nog ’n verdwaal-sessie aan ons kant van die draad. Genade is God in volkleur aksie. Genade gebeur wanneer die ware geskenke wat in hierdie dae uitgedeel word ook vergifnis en nuwe kanse in Jesus se Naam insluit.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...