top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Kersfees is nie ’n mens se speelmaat nie

Kerstyd is spandeertyd vir vele mense. Dan loop daardie swaarverdiende geldjies soos stroop. Vreesloos bestorm groot skares dan die winkels asof dit die heel laaste keer is dat hulle dit sal doen. Terwyl al die kasregisters oortyd werk op die maat van holrug-geryde kersfeesmusiek, is mense in ’n kooplustige bui. Elke jaar gaan dit so. O ja, en elke jaar preek ’n klomp leraars verwoed teen hierdie spandabelrige gees en teen nog ’n “wêreldse" kersfees wat alweer aangebreek het. Feit is, ons elkeen sal vir onsself moet besluit hoe ons hierdie tyd vier, of nie. As navolgers van Jesus weet ons dit gaan oor sy koms na ons toe. Daarom moet ons lewens in hierdie dae, soos gedurende die res van die jaar, gekenmerk word deur vrygewigheid, liefde en omgee. Jesus se roete van prysgawe en diens is altyd ons s’n. Ons dien Hom immers op sy terme as ons onsself sy volgelinge noem. Jesus se hart vol liefde klop dan in ons binneste. Daarom loop ons op ander paaie rond hier in Kersfeestyd, daardie paaie waarop Jesus Self loop. Dan is ons harte en ons hande oop vir ander.

bottom of page