top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Sing jou eie lewenslied vir die Here

Baie van ons het ’n lewenslied, ’n “lifesong”, wat ons lewe omraam. Nee, dit is nie noodwendig ’n regte lied nie. Ons lewenslied is daardie een sin wat die doel van ons bestaan in een asemteug saamvat. Dit is daardie een uitdrukking wat sê wie ons is en vir Wie ons staan. Vat vir Paulus. Sy lewenslied was eenvoudig, helder en duidelik: “Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins” (Filippense 1:21). Of vir Josua: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien” (Josua 24:15). Of dié van Tomas wanneer hy oor Jesus sê: “My Here en my God!” (Johannes 20:28). Sommige mense se lewenslied is langer, soos dié van Habakuk in hoofstuk 3:18-19. Hierin bely hy dat God sy redder is in Wie hy jubel. Ook erken Habakuk dat die Here vir hom nuwe krag gee om op hoë en gevaarlike plekke veilig te loop. Ons lewenslied is ons geloof in ’n neutedop. Dit is ons persoonlike geloofsbelydenis, ons manifes en ons getuienis. Ons lewenslied is ons kompas en padkaart wat op hulle beurt geskoei is op God se Woord. Dit is ’n samevatting van alles wat ons oor God dink, weet, bely, beleef en glo. Ons almal is deur God gemaak met die uitsluitlike doel om Hom te verheerlik. Daarom dat ons lewensmusiek ’n luidkeelse simfonie tot sy glorie en grootheid moet wees. Dit is noodsaaklik om ons eie lied vir die Here te vind en aan te leer en gereeld in te oefen. Kom ons doen dit dan.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page