top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Skryf ’n psalm met jou lewe

Dawid se psalms was nie maar net ’n klompie mooi versies wat hy saamgestel het in die rustigheid van sy eie paleis nie. Die inspirasie agter ’n hele paar van sy psalms was sy vlugtogte voor vyande uit, asook sy eie vrese en sondes. Ek wonder of Dawid dalk ook in sulke tye gemaak soos die Russiese Nobelpryswenner, Alexander Solzhenitsyn, toe hy na ’n Gulag of strafkamp gestuur is na sy kritiek op Stahlin. Volgens oorlewering sou hy sy bekende gedig “Pruisiese Nagte” daagliks op ’n stukkie seep neergeskribbel het. Dan sou hy dit blykbaar gememoriseer het voordat hy later die seep gebruik het. In elk geval, die Psalms is gebore in die regte lewe. Mense se diep seer en uitbundige vreugde, hul soeke na God en hulle rus aan sy voete, was die boumateriaal vir die Psalms. Hier ontdek jy God elke keer. Daarom dat dit hoogtyd is om ’n psalm van jou eie met jou lewe te skryf en uit te leef. Dit is tyd om jou eie lewenslied te komponeer en dit elke dag agterna te doen. Dan eers maak jou geloof regtig sin. Dan raak dit reg grond.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page