Een klippie is meer as genoeg
- deur Stephan Joubert
- Nov 26, 2015
- 1 min read
Malcolm Gladwell vertel in sy boek “David and Goliath: Underdogs, Misfits and the Art of Battling Giants” (2013) hoedat Dawid vir Goliat gewen het omdat hy hom op ’n onkonvensionele manier aangevat het. Nie alleen was Dawid veel beweegliker as die reus met sy swaar gevegsdrag nie, maar hy was ook ’n meester van sy slingervel. Nee, dit was nie maar net ’n speelding nie, maar ’n dodelike wapen in Dawid se vaardige hande. Van die begin af het Goliat eintlik geen kans gestaan teen hierdie dapper jongman wat nie geskrik het vir die groot reus voor hom nie. Met een klip het Dawid die bordjies verhang. Partykeer kos dit net een mens om die wêreldse verskil tussen hoop en wanhoop te maak in die Here se Naam. Dit is nie altyd die sterkstes wat die gevegte van die lewe wen nie, soos wat die Prediker skryf. Of die vinnigstes wat die resies wen nie. Vindingrykheid en afhanklikheid van die Here is veel meer werd wanneer beslissende veldslae geveg word. Dan haal gewone mense reuse uit! Dan is dit die lammertjies van Jesus daar in Lukas 10 wat groot wolwe wegjaag. Moenie bang wees nie, selfs al het jy net een klein klippie in jou arsenaal.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...