top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Is jy dalk ook ’n Christelike bloeier soos ek?

Op ’n dag het ek agtergekom ek is kleinserig. As mense my in die publiek uithaal sonder dat hulle my hart ken, dan bloei ek aan die binnekant. Ek was besig om te verander in ’n “Christelike bloeier” wat te veel kere die Here se speelveld moes verlaat met ’n “bloedbesering.” My kleinserigheid het spoedig net ’n rookskerm geword vir paar ander foute. Kleinserigheid, was en is steeds net my ego wat seerkry as party mense my afskiet of kritiseer. Dan is ek in die gesig gevat en wat nog alles. Nee, dan bloei my ego; dis wat! Hoe onbetroubaar is my hart nie. Dis selfsugtig. Nee, dis nog erger. Jeremia 17:9 sê dit is bedriegliker as enigiets anders. Wie kan die hart ooit verstaan? Daarom moet ek erken dis elke keer pynlik as die Heilige Gees hier opehart-chirurgie toepas en my motiewe een vir een ontmasker. Tog is dit die enigste roete tot groei. In Jesus se snoei-taal daar in Johannes 15 is dit al manier om vrug te dra vir Hom. As ek wil vrugte dra tot eer van die Heer dan moet ek toelaat dat ek reg gesnoei word. Reg of weg — dit is al uitweg. En ek verkies reg! Dit is ’n lewenslange herstelproses na hierdie kleinserigheid-chirurgie. Nee, dit beteken nie ek druk skielik nou my ore toe vir kritiek, of ek hou op luister na wat ander vir my sê nie. Want dis ewe verkeerd en ewe arrogant. Ek moet altyd ’n leerbare gees hê. Maar ek moet ook by Paulus in 1 Korintiërs 13 leer dat die liefde alles kan verdra, selfs kritiek, misverstande, vals beskuldigings en verdagmakery. Daarom kan ek regtig ontspan en ophou om alles so persoonlik te vat. Misverstande gebeur. Mense het ook maar hulle eie “issues” wat hulle soms op jou projekteer. Kritiek is regtig nie die einde van die wêreld nie. Inteendeel, dikwels wys dit juis dat jy op die regte pad is. En dat jy Jesus darem begin volg daar waar dit saakmaak. Immers, as hulle Jesus Beëlsebul genoem het, dan kan ons as sy volgelinge nie verwag dat ons heeltyd met wit handskoene hanteer moet word nie, soos wat Matteus 10:25 my leer. Terloops, watter chirurgie doen die Gees tans in jou lewe?

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page