Ek beskerm jou rug
- deur Stephan Joubert
- Nov 19, 2015
- 1 min read
“I’ve got your back!” Kan enigiemand mooier woorde as dit vir jou sê? Presies dit is wat vriende vir mekaar doen, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het toe sy pa, Saul, hom wou doodmaak. Keer op keer het Jonatan in die pad kom staan van sy pa se jaloesie en woede teenoor Dawid. Was dit nie vir die feit dat hy sy vriend se rug opgepas het in sy afwesigheid nie, is Dawid sekerlik deur Saul vermoor. Was dit nie dat hy vir Dawid ingelig het van sy pa se planne nie, was dit neusie verby vir hom. En dis nie asof Jonatan se optrede hom nie ’n duur prys gekos het nie. Saul het ontplof van woede hieroor. Nogtans waag vriende hulle lewens vir mekaar. Hulle beskerm mekaar en red mekaar. Hulle staan in die pad van ander mense wat hulle vriende wil leed aandoen. Die heel grootste liefde wat enigiemand ooit vir hul vriende kan hê is juis om hulle eie lewens vir hulle af te lê. So sê Jesus in Johannes 15. Daarom dat Hy ons ewige Vriend is. Boonop noem Jesus ons sy vriende as ons alles doen wat Hy vir ons sê.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...