top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Brand uit soos ’n kers

Offers was die belangrikste manier om die gode se aandag te trek deur die loop van die eeue. In die tyd van die berugte koning Manasse is kinders selfs vir die god Moleg geoffer by die Hinnomdal net buitekant Jerusalem. God maak dit egter glashelder deur sy profeet Miga dat Hy nie omkoopbaar is met offers van enige aard nie. Wat Hy wel vra, is dat mense moet reg leef voor Hom. Om geregtigheid te laat geskied, om met liefde en trou te leef en om nederig voor God te wees — hierdie is die selflose offers wat Hy vra. In elk geval is kultiese offers se dae vir altyd getel sedert die offer van Christus aan die kruis. Eens en vir altyd het sy offerdood vir ons die pad oopgemaak na God se hart. Nou gee ons onsself as lewende en heilige offers aan God, soos wat Romeine 12:2 sê. God is vandag steeds op soek na lewende mense wat soos kerse uitbrand in Sy diens terwyl hulle vir ander lig maak. Omdat Jesus kant en klaar die hoogste offer in ons plek gebring het, kan ons onsself nou uit dankbaarheid gee aan God se diens.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page