’n Tyd van wanhoop, of kuiertyd in God se skatkamers?
- ekerkweb
- Oct 22, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Vreemd hoe dikwels predikers en skrywers die tyd waarbinne ons leef as ’n tyd van wanhoop omskryf. Kursusse, preke, boeke en seminare word gereeld met sulke tipe temas en taal ingelei. Dan kry almal skielik swaar en almal ly. Die oomblik dat dit begin gebeur, is daar ook altyd een of ander godsdienstige oplossing beskikbaar van die kant van die kenners. Feit is, hoe meer ons sulke wanhooptaal gebruik, hoe meer vestig die idee in mense se koppe van chaos, seer, swaar, endiesmeer. Ons voer dan daardie einste monster van wanhoop wat ons probeer beveg. Die apostel Paulus se roete is veel beter. Hy begin altyd in God se skatkamers. Vanuit hierdie hemelse oorvloed word sy eie tronkstraf en lyding ’n ligte las. Hy beleef gedurig God se oorstromende rykdom wat ons verander in begenadigdes, geseëndes en in nuwe mense. Vir diegene wat dit nog nie begryp of beleef nie, bid Paulus dat die oë van hulle harte sal oopgaan. Dan sal hulle besef dat die opstandingskrag van Christus ook in hulle aan’t werk is.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...