top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Ons soek meer...

deur Johan Beukes Hans Walter Wolf het ’n boek geskryf oor die Ou Testament en menswees. Die hoofstuk oor die siel (nephesh) is getiteld “Needy Man”. Hiervolgens word die siel geskets as ’n behoeftige man of dame. Thomas Aquinas het geskryf dat hierdie “behoeftigheid” ten diepste ’n vingerwysing na die begeerte aan God se teenwoordigheid is. Mense is begrens i.t.v. liggame, intelligensie, mortaliteit, energie MAAR ons begeertes is onbegrens... grensloos... Ons soek altyd meer— meer geld— meer mooi— meer wysheid— meer snaakse youtube video’s— meer tyd... Ons siel roep eintlik uit... ek sal nooit genoeg hê totdat ek Hom vind... Hierdie grenslose begeerte na meer is ’n spieëlbeeld van God se grenslose kapasiteit om te gee... “The unlimited neediness of the soul matches the unlimited grace of God...” Ten diepste lê daar dus in elke begeerte ’n uitnodiging om jouself na God te draai en bewus te word van Sy genade... Aanvaar dus die begeerte maar onthou die begeerte trek jou ten diepste na God... Psalm 63.

bottom of page