Besig, besiger, besigste!
- ekerkweb
- Oct 15, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Dit het al ’n mode geword om te spog wie is die besigste. Hoe besiger jy is, hoe belangriker is jy — of so iets. Wel, ’n hond wat ons jare gelede gehad het was baie besig. Heeldag het hy homself stokflou rondom ’n paal gehardloop. Die arme hond het egter niks vermag nie. Hy was net dood–besig. Te laat het ek besef ek moes ons hond die bekende Pareto beginsel leer. Volgens hierdie beginsel, ook bekend as die 80–20 reël, vloei sowat 80% goeie gevolge in die lewe voort uit slegs 20% van insette. Netsoos my gewese hond, spandeer 80% mense helaas egter die meeste van hulle tyd aan net 20% goeie gevolge. Hulle doen dinge met gejaagde harte en nie vanuit ’n diep innerlike oortuiging dat God hulle hiervoor geroep het nie. Ook wil hulle alles vir almal wees, in plaas daarvan dat hulle voltyds daardie een of twee unieke talente wat God aan hulle gegee het tot Sy eer uitleef. Eers wanneer dit gebeur, wen daardie skaars 20–80 roete voor God. Dan eers raak mense regtig effektief. Besigwees, of minder besigwees(!), is nooit ’n doel opsigself nie. Die Here vra om minder dinge meer effektief vir Hom te doen. Hy vra ’n 20–80 lewe!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...