top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Hou dit kort

deur Stephan Joubert Toe Dr Seuss sy kinderboek ‘The Cat in the Hat’ geskryf het, het sy uitgewer slegs 223 woorde (party beweer dis 225 woorde!) aan hom gegee wat hy deur die loop van die boek kon gebruik. Met die skryf van Dr Seuss se volgende boek het sy uitgewer Bennet Cerf hom $50 gewed dat hy nie ’n boek kon skryf waarin hy net 50 woorde gebruik nie. Toe doen hy dit. ‘Green Eggs and Ham’ het daarna ’n hele 200 miljoen kopieë verkoop! Ons dink gewoonlik dat ’n stortvloed van woorde die ding vir ons moet doen. Bie woorde moet ander oortuig; selfs vir God ook. Dis nie nodig nie. Niemand minder nie as Jesus het ons geleer dat baie woorde nie werk by God nie. In Matteus 6 hoor ons dat God nie deur massas woorde beïndruk word wanneer ons bid nie. Hy weet presies wat ons nodig het. Daarom hoef ons Hom nie met indrukwekkende woorde te oorval nie. Of met lewenslange gebede wat nie hartlangs eerste kom nie. Minder is meer wanneer ons bid. Hou dit kort, met ander woorde. Moenie mooi gepoleerde gebede bid net omdat jy dink dis die regte ding om te doen nie, want dit is nie!

bottom of page