Ons is in die brugbou-besigheid
- ekerkweb
- Oct 1, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Brandende brûe maak die beste lig, skryf iemand. Dit mag dalk waar wees, maar om brûe tussen onsself en ander mense te brand, is ’n peperduur oefening. Dit pas in elk geval nie by navolgers van Jesus om verhoudings met ander mense gedurig te beëindig nie. Ons is in die opbou-besigheid; nie in die afbreek-bedryf nie. Ons is op die herstel-pad, nie in die afbrand-industrie nie. Nuwe seisoene van genade is ons hoofroete; nie brugbrand oefeninge nie. Dit is wat Christus van ons elkeen vra. Toegegee, die instandhouding van verhoudings is nie aldag ewe maklik nie. As dit was, dan het almal dit maklik reggekry. Gesonde verhoudings vra om aanhoudende keuses om van vooraf met mekaar te begin. Dit vra om ou boeke nogmaals toe te maak. En om te vergeet wat ander ons aangedoen het. Sover dit van onsself afhang, moet ons in vrede met mense rondom ons leef soos wat Paulus in Romeine 12 skryf. Brugbou vra harde werk en opoffering. Nog meer, dit vra om gehoorsaamheid aan die Here wat aan ons die opdrag gee om mekaar voortdurend lief te hê.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...