Koop die tyd uit; moet dit nie mors nie
- ekerkweb
- Sep 17, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Ek het nog nooit iemand aan die einde van hulle lewe hoor sê die lewe het stadig verbygegaan nie. Of dat hulle wens hulle kon net nog een besigheidstransaksie voor hulle dood sluit nie. Of nog een koerant lees, of nog een konsert bywoon nie. Mense sê dan dit het alles so vinnig verbygegaan. Die grootste spyt van baie is dan dat hulle nie genoeg tyd met hulle geliefdes deurgebring het nie. En dat hulle die Here nie getrou genoeg gedien het nie. Gelukkig is dit nie te laat om sulke wense waar te maak nie. Die res van vandag lê nog voor om die regte dinge te doen. Vandag wag om reg te leef voor God en tussen ander mense. Koop vandag se stukkie tyd uit, soos wat Paulus in Efesiërs 5:16 skryf. God het immers by vandag opgedaag. Trouens, Hy is aanwesig by elke dag wat die naam vandag dra. Leef die lewe vandag voluit op tot eervan God. Laat vandag tel. Laat dit groot registeer op die hemelse Richter skaal. Druk twyfel, sonde en moedeloosheid op die agtervoet. Laat God se lig vandag skyn. Moenie met spyt leef oor nog ’n vermorste vandag nie.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...