Genade kom voor sonde in God se woordeboek
- ekerkweb
- Sep 10, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Iemand keer my voor nadat ek by ’n gemeente gepreek het en vra my hoekom is die kerk nie ernstig oor sonde nie. Voordat ek kan antwoord sê die persoon: ”Hier in ons gemeente leef mense in sonde en die leiers doen niks daaraan nie.” “Het jy al Matteus 18 gelees?” vra ek dadelik vir die beswaarde. “Ja, maar dis nogtans kerkleiers se werk om sondes vas te vat...” “Nee, die kerk is ’n gemeenskap van genade en waarheid waar ons eenkant met mekaar gesels as dinge nie reg loop nie,” antwoord ek. “Terloops, het jy dit al gedoen?” vra ek. “Het jy al met daardie mense wat volgens jou nie reg leef nie gaan praat in liefde?” “Nee, maar...” Toe onderbreek ek die persoon: “Daar’s nie ’n ’nee, maar’ roete in Mattues 18 nie... Gaan leef die Woord en moenie van ander verwag om dit te doen nie! Moenie net weet wat verkeerd is sonder om iets daaraan te doen nie. O ja, onthou ook genade kom altyd voor sonde in God se woordeboek!” voeg ek by. Meng jou woorde altyd met Jesus se deernis. Sagte woorde blus groot vure uit.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...