Laer inkomste, hoër lewenskwaliteit
- ekerkweb
- Sep 3, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Glo jy ook die mite dat jou lewenskwaliteit direk in verband staan met jou inkomste? Hoe hoër jou inkomste, hoe hoër is jou lewenskwaliteit? Wel, dis eenvoudig nie waar nie. Geld is nie onbelangrik nie, maar geld is definitief nie die regte meetinstrument wanneer die sin van jou lewe voor God op die tafel geplaas word nie. ’n Goed geleefde lewe in die Here se teenwoordigheid word gemeet aan jou sorgvryheid en geloofsmoed om Hom te vertrou vir jou daaglikse brood. Jou geld moet suurstof wees, nie koolsuurgas wat jou laat versmoor nie. Jy mag nie gedurig hieroor bekommer, of alles net op jouself uitmors nie. Leef altyd binne jou inkomste. Begroot heel eerste elke maand vir daardie deel wat jy vooruit in diens van God en tot seën van minderbevoorregtes gaan weggee, en hou daarby. Verras jouself deur gedurig op onbeplande maniere iets weg te gee. Leef vrygewig. Leef ruim in terme van die weggee van jou tyd, energie, sente en omgee. Wees ’n seën vir ander. Dan sal God op verrassende maniere die hemele bokant jou oopmaak. Dan sal jy om elke hoek en draai Sy guns en omgee ervaar.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...