top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Krimp van XL na XS as jy reg wil groei

deur Stephan Joubert Bob Goff vra in ’n boek die volgende vraag: “Will you take what you think defines you, leave it behind, and let Jesus define who you are instead?” Hierdie vraag daag my uit. Ek word deur baie dinge gedefinieer: my beroep, my vriende, my besittings... Maar Jesus? Ja, ek sê baie maklik ek ken Hom. Ek bely graag Hy is my Redder, maar of Hy die Here van my hele lewe is, is ’n ander vraag. Te veel ander identiteitsmerkers meng hier in. Dit moet dadelik stop. My identiteit moet herbesoek en herdefinieer word. Ek is eerstens ’n lid van God se nuwe aardse familie. In Paulus se woorde is ek ’n nuwe mens. Al die ou dinge is verby. Jesus is my lewe. Hy bepaal my prioriteite, my lewenskeuses, my emosies en my gedagtes. Hy is die Heer en ek ’n voltydse volgeling. Sy vriende– die stukkendes, armes, uitgeworpenes en verlorenes — is derhalwe nou ook myne. As ek Jesus volg en my identiteit in Hom vind, dan krimp ek gedurig. Dan groei ek kleiner. Hiervan gepraat — klere se groottes word gekategoriseer vanaf klein na groot, oftewel, vanaf XS, S, M, L, XL tot XXL. Die lewe word dikwels ook van klein na groot ingedeel. Daardie groot en ekstra–groot kategorieë is dan altyd die belangrikste, want dit hou verband met krag. Groter is sterker. Groter is meer. Groter is beter. Groter is meer invloedryk. Jesus is egter op rekord dat klein die nuwe sakpas grootte is in die koninkryk van God. Klein is vir Hom die nuwe groot. In Matteus 18 noem Hy sy volgelinge selfs kleintjies. Hierdie kleintjies is nie bekend vir hulle krag nie, maar vir hulle afhanklikheid en geloofsvertroue. Daarom is hulle Jesus se gunsteling grootte. Selfs die groot engele van God neem kennis van Jesus se kleintjies — so vertel Hyself in Matteus 22. Ons uitdaging in sy teenwoordigheid is om kleiner te groei. Dit maak dat ons God kinderlik en opreg vertrou met enigiets vanaf ons daaglikse brood tot ons ewige verlossing.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page