Lewensveranderende boeke is in jou hand
- ekerkweb
- Aug 20, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Toe Paulus moes vlug uit Tessalonika nadat sy prediking die plaaslike owerhede te ongemaklik laat voel het, het hy ’n belangrike keuse gemaak wat die Christendom vir altyd op nuwe spore laat loop het. Hy het naamlik besluit om briewe te begin skryf vir die gemeentes wat hy regoor die Romeinse Ryk geplant het. (1 Tessalonisense is die vroegste boek van die Nuwe Testament.) ’n Hele beweging van gelowiges is van toe af via briewe op die roete van Christus gehou. Net so het Markus ’n paar jaar later ook gekies om ’n evangelie te skryf toe hy die kerklike aflosstokkie by Petrus oorgeneem het. (Markus is naamlik die eerste evangelie wat op skrif gestel is.) Briewe en skriftelike evangelies het meteens die dinamiet geword wat die goeie nuus aangaande Christus wêreldwyd laat weerklank vind het. In die hande van die Gees het hierdie lewensveranderende verhale en leringe lesers regoor die wêreld aangeraak. Vandag nog is die plofkrag van hierdie tekste voelbaar in die hande van elkeen wat dit met die verwagting lees om God se stem hierin te hoor. Ons noem al hierdie boeke die Woord van God. Lees dit vandag en ervaar wat biljoene ander gelowiges deur die eeue heen ervaar het.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...