top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Laat jou lewe jou taal agterna praat

  • ekerkweb
  • Aug 6, 2015
  • 1 min read

deur Stephan Joubert ’n Mikro–storie, wat hardnekkig aan die beroemde skrywer Ernest Hemmingway toegedig word, lui: “For sale: baby shoes, never worn!” Hierdie uitdrukking ondervang ’n volledige verhaal in net ses woorde. Van kortverhale gepraat, Jesus is die absolute meester van vinnige verhale en een–lyn waarhede. Dink maar net aan sy uitsprake soos: “Ek is die brood van die lewe.” “Soek heel eerste die koninkryk van God en sy geregtigheid, en die res sal vir julle gegee word.” “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ’n rusplek vir sy kop nie.” “Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as ’n losprys vir baie weg te gee.” Ingewikkelde boeke en geleerde taal is nie aldag nodig om die waarheid hoorbaar of verstaanbaar te maak nie. Ook nie ellelange sinne of baie woorde nie. Soms is ’n paar woorde oorgenoeg. O ja, en ook ’n lewe wat getuig dat daardie einste woorde eg en deurdag is. Lewensveranderende taal vra om ’n veranderde lewe. Praat al jou prate kort en kragtig, maar laat jou lewe dit agterna getuig.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page