top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Gebed laat God groter word

deur Stephan Joubert Gebed is nie om my eie wil in die hemel te probeer afdwing nie, maar om God se wil hier op aarde te laat geskied. Gebed gaan oor die onderwerping van my wil aan dié van die almagtige God. Daarom is gebed nie maar net ’n belangrike geestelike aktiwiteit wat ek gereeld nakom nie; nee, gebed is die uitdrukking van wie ek is in God se teenwoordigheid. Ware gebed laat my by die dag kleiner krimp sodat ek al hoe meer begin opkyk na God. Hierdie kleiner–word roete op die pad van gebed herinner my aan die verhaal van Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) in C. S. Lewis se bekende kinderverhaal, Prince Caspian. As die dogtertjie Lucy hom na ’n wyle raakloop sê sy: “Aslan, you’re bigger”. “That is because you are older, little one,” answered he. “Not because you are?” “I am not. But every year you grow, you will find me bigger.” Wat ’n aangrypende les! Groei in my gebedslewe beteken dat die groot God van hemel en aarde al hoe groter word in my lewe. Hy word al hoe meer en ek al hoe minder, soos wat Johannes die Doper in Johannes 3:30 oor Jesus sê.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page