Sê amen en gaan doen wat reg is
- ekerkweb
- Jul 16, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert “Pappa die oom het my hamburger yskoud gebid.” Dit was die woorde van ’n outjie nadat een of ander geestelike lewenslank voor ete vir die aanwesiges se kos gebid het. Inderdaad is ’n gepaste woord vroeër in vele gebede die woord ‘amen’. Ja, jy het reg gelees. Soms bid ons te lank. Toe iemand juis ook lewenslank gebid het aan die einde van een die bekende prediker, D. L. Moody se preke, het hy opgestaan en hardop gesê dat terwyl die broer sy gebed voltooi die aanwesiges solank ’n geestelike lied gaan sing. In Eksodus 14:15 sê God ook min of meer vir Moses om amen te sê. Dit gebeur terwyl hyself na God roep om die ongehoorsame Israeliete tot kalmte te bring. God sê vir Moses hy moet eerder die Israeliete aan die trek kry as om Hom nou aan te roep. Lyk my, soms moet ons eenvoudig net amen sê en gaan doen wat die Here van ons vra. Soms bid ons onsself uit geloof uit. As ons weet wat om te doen en ons gaan doen dit nie, dan word ons gebede ’n hindernis en selfs ’n vorm van twyfel. Dan is gebed ’n stuk misplaaste vroomheid. Bid en doen is die regte roete!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...