Luister na die regte klanke as jy God wil hoor
- ekerkweb
- Jul 9, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert ’n Tannie wat ek in my kinderdae geken het het gedurig gesê as slegte dinge gebeur: “Die Here praat alweer hard met ons.” Dan het sy boonop gesug ook. Party mense hoor God se stem net in slegte dinge. Krisisse is blykbaar die tyd dat God hulle aandag probeer trek en allerlei dinge vir hulle wil sê. Vir sulke mense is God se spreektaal hier op aarde gelyk aan krisisse en seerkry-dinge waardeur Hy mense probeer terugwen Jakobus 1:17 sê hardop die teendeel — dat God juis op sy hardste praat as goeie dinge gebeur. Alle goeie gawes kom van die Here af! Hy is die vrygewige Uitdeler van genade. Hy’s die God van liefde en deernis. Nee, God is nie blind as mense slegte dinge doen nie, maar Hy wil nie gedurig mense terugkry nie. Jesus is in ons plek kant en kant en klaar teruggekry. Daar by die kruis het God klaar op sy hardste gepraat toe Jesus in die pad kom staan het van God se kanonskote wat op ons gerig was. Luister nou eerder na die klanke van genade wat God in Jesus aan ons bewys as jy Hom op sy suiwerste wil hoor praat.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...