Tel jou woorde
- ekerkweb
- Jul 2, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Ons sing graag: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.” Dalk moet ons nog ’n versie byvoeg: “Tel jou woorde, tel hul een vir een!” Om een of ander rede meen sommiges dat “mond-sondes” soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie “eintlike sondes” soos owerspel of dronkenskap nie. Daar word wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die nuutste openbare sondes van die dag, maar mond–sondes haal nooit sulke verslae nie. Vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nie as ’n ramp as mense van mekaar kwaadpraat en mekaar met skerp tonge aan flarde skeur nie. Dan word daar nie dringende kerklike vergaderings byeen geroep nie. Tog word “mond-sondes” die heel meeste in die Bybel aangespreek. Stop!!! Jy het dit nie raakgelees nie: mond-sondes soos skinder, haatspraak, agteraf pratery, beledigings, vloekwoorde negatiewe taal, en afbrekende woorde word die heel meeste in die Bybel aangeroer as destruktiewe sondes. Moet ons dan nie ons tonge dringend onder beheer kry nie? Moet ons nie ons eie woorde leer tel nie? En aanhoudend goeie woorde begin gebruik wat soos die fynste silwer is en wat ander opbou en God verheerlik nie.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...