Brûe brand is nie ons besigheid nie
- ekerkweb
- Jun 18, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Brandende brûe maak die beste lig, skryf iemand. Dit mag dalk waar wees, maar om brûe tussen ons en ander mense af te brand, is ’n peperduur oefening. Ons mag dalk vir ’n oomblik goed voel as ons mense op hulle plek gesit het. Maar op die langtermyn is dit dodelik omdat sulke optrede nie pas by navolgers van Jesus nie. Ons is nie geroep om verhoudings te termineer nie maar in stand te hou. Ons is in die opbou-besigheid; nie in die vernietigingsbedryf nie. Ons blink uit in die herstel van brûe, nie in die afbrand hiervan nie. Nuwe seisoene van genade is ons pad; nie donker tye van afbreek nie. Dit is wat God van ons vra. Natuurlik is die instandhouding van verhoudings nie aldag maklik nie. As dit was, sou almal dit reggekry het. Groeiende verhoudings vra vergifnis en opregte keuses om van voor af te begin. Tog is dit presies hier waar die Here ons wil hê. Dit beteken egter nie dat ons verhoudings met ongesonde mense in stand moet hou wat ons manipuleer of uitbuit nie. Spreuke sou so iets dwaasheid noem. Maar sover dit van onsself afhang leef ons in vrede met alle mense.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...