top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Hy lyk al hoe groter

deur Stephan Joubert In Prince Caspian, die tweede boek in die Narnia reeks van C. S. Lewis, is daar ’n mooi interaksie tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies. As sy hom na ’n lang tyd weer raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” Is jy dan nie groter nie? vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you grow, you will find me bigger.” Dis presies wat gebeur op die Here se pad. Hy word al hoe groter in ons oë namate ons groei in ons geloof. Hoe nader ons leer om aan Christus te loop, hoe meer sien ons sy almag en heerlikheid raak. En hoe kleiner word ons probleme en kommernisse. Hoe nader, hoe groter. Die Here se nabyheid, heiligheid en glans word al hoe sigbaarder terwyl ons kleiner word en in verwondering aan sy voete sit. Ken jy hierdie omgekeerde groeipad? Kom jy by wyse van ervaring agter dat hoe groter die Here in jou lewe is, hoe kleiner krimp jou eie sorge?

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page