top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Uitdagings en Uitnodigings

deur Johan Beukes Leierskap is sinoniem met uitdagings! Die Bybel is aan mekaar geweef deur verhale van God wat Sy mense uitdaag om moeilike dinge te doen. Abraham — Gen 12:1 — “Jy, gaan jy uit jou land, uit jou familie en uit jou vader se huis uit, na ’n land wat Ek jou sal wys.” Moses — Eks 3:10 — “Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.” Dawid — Ps 22:7–8 — “Maar ek is ’n wurm, nie ’n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag. Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit...” Paulus — Gely en tronk toe gestuur omdat hy Christus gevolg het... Daar is nog baie soortgelyke voorbeelde in die Bybel en vandag steeds. Jare gelede het ’n Christen psigiater met verskeie mense gewerk wat hulle besig gehou het met goeie werk en sake. Die probleem was dat die uitdagings hulle uitgemergel het en van hulle was so ontmoedig dat hulle geestelik, emosioneel en fisiek uitgebrand het. Die psigiater ontmoet toe met Emile Brunner en begin reflekteer op die lewe van Jesus en dit raak vir albei duidelik dat ten spyte van Jesus se uitdagings was daar diep vreugde sigbaar in Sy lewe. Hierdie vreugde word toegeskryf aan ’n ritme waarvolgens Jesus geleef het. Die sleutel tot hierdie ritme het te doen met aanvaarding. Jesus hoor by Sy Vader dat Hy ’n geliefde is waarin die Vader ’n welbehae het. Omdat Jesus aanvaarding beleef het kan ek en jy in elke uitdaging ook die volgende uitnodiging ons eie maak: “Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.” Leierskap is ook sinoniem met uitnodigings! Prakties: Maak ’n lys van jou drie grootste leierskap uitdagings. Hoe klink Jesus se uitnodigings in elkeen van hierdie uitdagings?

bottom of page