top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Ons probeer nie om God van opinie te laat verander nie

deur Stephan Joubert

Warren Wiersbe skryf iewers: “Persistence in prayer is not an attempt to change God’s mind, but to get ourselves to the place where He can trust us with the answer.” Met ander woorde, gebed gaan nie daaroor dat ons God moet forseer om iets te doen, of om van opinie te verander nie. Gebed verander onsself in die eerste plek. God wil ons gedurig by daardie plekke bring waar Hy ons kan vertrou met sy antwoorde. Daarom dat ons Jesus se gebed in Getsemane agterna moet leer bid: “Nogtans nie wat ek wil nie, maar wat U wil, o God!” As ons dit opreg kan bid, begryp ons iets van nederigheid en van wag op die Here. Gebed laat ons buig voor God. Dit laat ons rus in Hom. Gebed bring ons tot hemelse rus reeds hier op aarde. Om te bid tot God se eer, is om reg te bid. Dis om die vryheid en oorvloed van die Here te beleef. Tot dan is gebed eintlik maar net ’n ritueel en ’n plig. Of ’n verbruikersmiddel in die hand van behoefte-aangedrewe godsdienstiges wat net heeltyd dinge van God wil hê.

bottom of page