Geen groter liefde nie
- ekerkweb
- Apr 30, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert George L. Fox het begryp wat dit beteken dat die Here hom maar kan opgebruik. Hy was ’n kapelaan aan boord van die USAT Dorchester toe ’n torpedo van ’n Duitse U–Boot dit tref op 3 Februarie 1943. Almal aan boord is dadelik uitgerus met reddingsbaadjies. Matrose het in die see gespring en met reddingsbootjies probeer wegkom. Toe kom vertel een van die soldate vir Fox hy het nie ’n reddingsbaadjie nie. Daar was nie genoeg oor op die skip nie. Net daar gee Fox toe syne vir die matroos. Die drie ander kapelane het Fox se voorbeeld gevolg. Terwyl matrose wegswem van die skip, het, Grady Clark, een van die oorlewendes, gehoor hoedat die kapelane sing en hardop bid vir die veiligheid van al die soldate. Hierdie kapelane het geen kans gestaan sonder hulle reddingsbaadjies nie en het uiteindelik verdrink. Jesus se woorde in die Johannesevangelie dat daar geen groter liefde is as wanneer mense hul lewens aflê vir ander nie, kry in sulke tye ’n splinternnuwe betekenis. Om onsself ter wille van ons vriende op te offer en hulle te dien, is om Jesus agterna te leef. Dit is presies wat Hy hier tussen ons kom doen het.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...